Sondagskool Crafts
"Sondagskool Crafts" is bedoel om my "Sondagskooltuis" blog aan te vul en bestaan uit craft idees wat gebruik kan word in die Sondagskool of in huisgodsdiens, selfs idees vir spesiale geleenthede in die kerk.
Klik hier!
Monday, September 21, 2026
Piekniekmandjie van Karton (Sondagskool piekniek)(Kerkbazaar)
Sunday, September 13, 2026
GESKENKBOKS IDEES met gedroogde eetgoed of tuisgemaakte gebak (fondsinsamelings)
Ideaal vir 'n FONDSINSAMELING (bv., ontwerp een of twee voorbeelde en neem bestellings vir verkope). Hieronder is 'n paar voorbeelde van sulke geskenkboks idees vir inspirasie vir die crafters onder die groter kinders in die sondagskool. Advertensie vd produk kan miskien behels dat die wat bestel, 'n keuse het van watter inhoud hulle verkies, maar elke boks kan uniek wees!
HIER IS 'N PAAR IDEES OM SULKE PLATTER- OF HAMPER BOKSE TE MAAK:
(1) Droëvrugtebord in 'n pragtige geskenkboks, alles tuisgemaak!
(2) Biltong en droëwors gepak in 'n DIY platter box met 'n geskilderde prentjie bo-op.
(3) Dieet hamper bokse, bv. met 'n verskeidenheid van produkte gemik op spesifieke groepe, bv. (bederf eetgoed vir diabete) (boeretroos met koffie en beskuit) (chocs en nog vir chocolate lovers) (pick en mix tertjies of cup cakes), ens.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1) DROëVRUGTEBORD: Suid-Afrikaners ken van goeters droog en hou om later te geniet..., soos beskuit en biltong, en droëvrugte! As jou bome hierdie jaar goed gedra het en jy klomp vrugte gedroog het wat jy nie omgee om met ander te deel nie, pak die vrugte in lae in 'n plastiekbord, bedek dit met kleefplastiek, strikkie bo-op, en daar is dit! Hierdie is 'n lieflike geskenk, bv. wanneer jou dominee of pastoor verjaar... (voeg gerus 'n bietje chocs en neute daarby).
Vir 'n video om te sien hoe jy die vrugte pak, gaan na:
TIPS:
- Probeer om rye te skep (bv. verskillende soorte vrugte in verskillende rye).
- Hou kleure in gedagte... - nl. wissel die rye af met verskillende kleure, bv. geel (soos pere) langs bruin (rosyntjies), langs 'n donkerder bruin (dadels), langs iets groen (soos gedroogde kiwi), langs iets witterig (appels), ens.
- Skep bo-op 'n blom met mango of 'n pynappelring, of plaas 'n sjokolade-iets bo-op, soos om ginger chocs of white choc raisins te strooi, ens.
En as jy nog ouliker wil wees, sit dit in 'n mooi boksie wat jy van ou karton gemaak het:
Vir 'n video oor hoe om so 'n pragtige boks te maak wat by jou vrugtebord pas, gaan na:
Vir 'n video om te sien hoe om so 'n boks MAKLIK TE MAAK, en met MATERIAAL WAT "NEXT TO NOTHING" kos, gaan na:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Thursday, September 10, 2026
Props vir toneelstukke (gemaak van papier)
Papier mache is 'n wonderlike, goedkoop manier om PROPS te maak vir jaarlikse Sondagskool TONEELSTUKKE (mens kan selfs "lucky dips" op hierdie manier maak en dit op die bazaar verkoop, bv. skatkissies). Dis maklik om 'n papierprop te maak. Bou papier op/rondom 'n "mold" / vorm (bv. 'n glasbak of 'n ballon, maar onthou om iets aan te smeer op die mold voor jy die papier daarop begin bou, anders sit dit vas!). Bou 'n klomp lae op hierdie manier, nl. plak die papierstukkies aan en oormekaar, en wanneer dit droog is, verwyder die vorm.
Die proses is eenvoudig:
- Neem 'n vorm, bv. 'n ballon;
- Smeer vaseline of handeroom daaroor;
- Skeur koerantpapier in stukkies (verskillende grotes);
- Bou nou 'n klom lae papier oor die vorm deur die papier-stukkies met gom (soos meelpasta, houtlym of biblioteekgom) aanmekaar en oormekaar te plak.
As jy 'n video wil sien van hoe om 'n papierprop te maak, gaan na:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wednesday, September 9, 2026
"Food trays" gemaak van karton (kerkbazaar, stoepverkopings)
Somtyds het jy iets nodig wat jou "next to nothing" kos om te maak, soos 'n pragtige boksie waarin jy tuisgebak wil plaas om op die kerkbazaar of stoepverkoping te verkoop. Hierdie idee is GOEDKOOP en MAKLIK! - jy't net 'n ou boks nodig, 'n glue gun (met glue sticks), en bietjie ou verf (en natuurlik die heerlike gebak om almal te bederf). Vir 'n video hieroor, gaan na: (https://www.youtube.com/watch?v=82pt5cK4b7Y&list=PLuTeBFGQ1KjKQ_yRYPTvEiNxA0DMx52hc&index=2).
Weef 'n paar karton strips, plak dit op die kant van die boks , en verf dit om
Saturday, June 6, 2020
Bybelstudie stensil
As julle groep dus 'n bybelstudie beplan kan die leier hierdie as vorm gebruik vir voorbereiding (ideaal vir bybelstudie met tieners en grootmense). Natuurlik is dit net 'n vb. van raamwerk en mag beslis anders daarna uitsien gelangend vd onderwerp wat behandel word...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------




































