"Sondagskool Crafts" is bedoel om my "Sondagskooltuis" blog aan te vul en bestaan uit craft idees wat gebruik kan word in die Sondagskool of in huisgodsdiens, selfs idees vir spesiale geleenthede in die kerk.
Klik hier!
Monday, September 21, 2026
Piekniekmandjie van Karton (Sondagskool piekniek)(Kerkbazaar)
Thursday, September 10, 2026
Props vir toneelstukke (gemaak van papier)
Papier mache is 'n wonderlike, goedkoop manier om PROPS te maak vir jaarlikse Sondagskool TONEELSTUKKE (mens kan selfs "lucky dips" op hierdie manier maak en dit op die bazaar verkoop, bv. skatkissies). Dis maklik om 'n papierprop te maak. Bou papier op/rondom 'n "mold" / vorm (bv. 'n glasbak of 'n ballon, maar onthou om iets aan te smeer op die mold voor jy die papier daarop begin bou, anders sit dit vas!). Bou 'n klomp lae op hierdie manier, nl. plak die papierstukkies aan en oormekaar, en wanneer dit droog is, verwyder die vorm.
Die proses is eenvoudig:
- Neem 'n vorm, bv. 'n ballon;
- Smeer vaseline of handeroom daaroor;
- Skeur koerantpapier in stukkies (verskillende grotes);
- Bou nou 'n klom lae papier oor die vorm deur die papier-stukkies met gom (soos meelpasta, houtlym of biblioteekgom) aanmekaar en oormekaar te plak.
As jy 'n video wil sien van hoe om 'n papierprop te maak, gaan na:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wednesday, September 9, 2026
"Food trays" gemaak van karton (kerkbazaar, stoepverkopings)
Somtyds het jy iets nodig wat jou "next to nothing" kos om te maak, soos 'n pragtige boksie waarin jy tuisgebak wil plaas om op die kerkbazaar of stoepverkoping te verkoop. Hierdie idee is GOEDKOOP en MAKLIK! - jy't net 'n ou boks nodig, 'n glue gun (met glue sticks), en bietjie ou verf (en natuurlik die heerlike gebak om almal te bederf). Vir 'n video hieroor, gaan na: (https://www.youtube.com/watch?v=82pt5cK4b7Y&list=PLuTeBFGQ1KjKQ_yRYPTvEiNxA0DMx52hc&index=2).
Weef 'n paar karton strips, plak dit op die kant van die boks , en verf dit om