Watookal die geval, dit is maklik om 'n mandjie van KARTON te maak, ...en goedkoop!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n video oor hoe om 'n MANDJIE VAN KARTON te maak, gaan na: https://www.youtube.com/watch?v=7qoV88itg1g&list=PLuTeBFGQ1KjIF3pSsEUJiGibmi7zzGlWY&index=6
Om die mandjie sterker te maak, kan jy draad deur die handvatsel voer tot onder in die romp van die mandjie, en plak dit vas met die karton wat binne-in die mandjie uitgevoer word.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hier is 'n paar idees van hoe jy jou mandjies kan dekoreer:
Vir nog IDEES op hoe om 'n mandjie te dekoreer, kyk gerus my video oor "doll bassinets made from cardboard: (https://www.youtube.com/watch?v=TzMuoCRLb30&list=PLuTeBFGQ1KjIF3pSsEUJiGibmi7zzGlWY&index=7).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Goeie idee is om jou kartonmandie soos die ware jakob te laat lyk! Weef karton-repe, en plak die geweefde karton op die rand van die mandjie (jy kan dunner strips karton weef om dit soos rottang te laat lyk, of breër strips om dit soos flax-weaving te laat lyk).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jy kan dit verf dat dit lyk soos hout of rottang deur STAIN te gebruik, bv.:
- koop sommer "wood stain" (waterbasis);
- en as jy 'n goedkoper opsie soek, meng ou lapverf met print base
(sowat 50/50), en stain die mandjies daarmee.
Daar is vele verskillende kleure "wood stain" beskikbaar - as jy die mandjies met wood stain verf, dan lyk dit omtrent net soos rottang!, en dit vertoon beslis meer duursaam as om verf te gebruik...
Jy kan dit ook dekoreer met prente..., bv.:
- Om dit te laat vertoon soos LEER, plak 'n swart en wit kopie van 'n prent van 'n diervel daarop, en verf wood stain daaroor (bv. "cedar" vir 'n bokvel, ens.).
- Of om dit te laat lyk soos klip, plak handgemaakte papier daarop, en verf dit.
- Of plak bloot 'n swart en wit prent daarop, en kleur dit in!
- Of nog makliker..., doen "serviette podge".
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
No comments:
Post a Comment