Klik hier!

Klik hier om na die "Sondagskooltuis" blog te gaan (Sondagskool lesse en apparaat):http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/
Klik hier om na die "Sondagskoolmobile" blog te gaan (Sondagskool onderwerpe - bedoel vir "mobile"):http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/
Showing posts with label fondsinsameling. Show all posts
Showing posts with label fondsinsameling. Show all posts

Sunday, September 13, 2026

GESKENKBOKS IDEES met gedroogde eetgoed of tuisgemaakte gebak (fondsinsamelings)

Ideaal vir 'n FONDSINSAMELING (bv., ontwerp een of twee voorbeelde en neem bestellings vir verkope). Hieronder is 'n paar voorbeelde van sulke geskenkboks idees vir inspirasie vir die crafters onder die groter kinders in die sondagskool. Advertensie vd produk kan miskien behels dat die wat bestel, 'n keuse het van watter inhoud hulle verkies, maar elke boks kan uniek wees! 

HIER IS 'N PAAR IDEES OM SULKE PLATTER- OF HAMPER BOKSE TE MAAK:

(1)  Droëvrugtebord in 'n pragtige geskenkboks, alles tuisgemaak!

(2)  Biltong en droëwors gepak in 'n DIY platter box met 'n geskilderde prentjie bo-op.

(3)  Dieet hamper bokse, bv. met 'n verskeidenheid van produkte gemik op spesifieke groepe, bv. (bederf eetgoed vir diabete) (boeretroos met koffie en beskuit) (chocs en nog vir chocolate lovers) (pick en mix tertjies of cup cakes), ens. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1)  DROëVRUGTEBORD: Suid-Afrikaners ken van goeters droog en hou om later te geniet..., soos beskuit en biltong, en droëvrugte! As jou bome hierdie jaar goed gedra het en jy klomp vrugte gedroog het wat jy nie omgee om met ander te deel nie, pak die vrugte in lae in 'n plastiekbord, bedek dit met kleefplastiek, strikkie bo-op, en daar is dit! Hierdie is 'n lieflike geskenk, bv. wanneer jou dominee of pastoor verjaar... (voeg gerus 'n bietje chocs en neute daarby).

Vir 'n video om te sien hoe jy die vrugte pak, gaan na:

TIPS:

- Probeer om rye te skep (bv. verskillende soorte vrugte in verskillende rye). 

- Hou kleure in gedagte... - nl. wissel die rye af met verskillende kleure, bv. geel (soos pere) langs bruin (rosyntjies), langs 'n donkerder bruin (dadels), langs iets groen (soos gedroogde kiwi), langs iets witterig (appels), ens.

- Skep bo-op 'n blom met mango of 'n pynappelring, of plaas 'n sjokolade-iets bo-op, soos om ginger chocs of white choc raisins te strooi, ens.

En as jy nog ouliker wil wees, sit dit in 'n mooi boksie wat jy van ou karton gemaak het:  

Vir 'n video oor hoe om so 'n pragtige boks te maak wat by jou vrugtebord pas, gaan na:

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Biltong en Droëwors Platter box: 'n Ander bak idee is om biltong en droëwors in 'n plat boks te pak - daai is nou 'n geskenk vir Vadersdag! Jy kan miskien neute en tuisgemaakte gebak byvoeg... (bv. versuikerde grondbone en vrugtelekkers). En nog beter as jy 'n boks kan maak met 'n foto of prent bo-op wat na aan die hart lê (en sit 'n strikkie op). 

Vir 'n video om te sien hoe om so 'n boks MAKLIK TE MAAK, en met MATERIAAL WAT "NEXT TO NOTHING" kos, gaan na:
 
 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  GIFT HAMPER BOX:  Ontwerp 'n mooi "hamper" boks van ou karton, en vul dit met 'n verskeidenheid van tuisgebak of plaaslike produksie - besluit self wat in die boks moet kom (bv. 'n boks vir die kersseisoen (kerskoek, gemmerkoekies, ens.); of 'n ("next generation necessities" boks, met super healthy eetgoed wat vir jou krag gee), en so aan. 

Hier is 'n paar dees vir DIY hamper boxes:

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n video oor hoe om CARDBOARD CRAFT te doen, gaan na: 

Sunday, September 29, 2013

Plekmatjies

Hierdie PLEKMATJIES is ideaal vir 'n FONDSINSAMELING - druk af en lamineer.  Dit is 'n oulike manier om die woord te versprei terwyl almal om die tafel sit en kuier.  Dit kan ook soos plakate gebruik word in die Sondagskool klaskamer, en behoort tot A3 mooi af te druk - let daarop dat elk ook afgelaai kan word in pdf.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DRUK GERUS VERNIET AF EN VERSPREI! Ek het geen kopiereg opgesit op enige iets wat op my Sondagskooltuis of Sondagskool Crafts blog gepos is nie.
Om na my Sondagskooltuis blog te gaan, gaan na hierdie url: http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/
(die Sondagskooltuis blog is meer gemik op LESSE, waar die Sondagskoolcrafts meer gemik is op praktiese lesse, fondsinsamelings, spesiale geleenthede, Sondagskool apparaat, ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om dit af te laai in pdf (300 dpi), gaan na hierdie url: 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om dit af te laai in pdf , gaan na hierdie url:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om dit in pdf  af te laai, gaan na hierdie url:  https://docs.google.com/file/d/0B7NNdlxaGPBHdjFJN0VHeXRtbDg/edit?usp=drive_web
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om dit in pdf af te laai, gaan na hierdie url:

OM MEER OP TE LEES OOR BG. ONDERWERPE, GAAN NA HIERDIE BLOGPOST: 

Tuesday, September 3, 2013

Bazaar idees: Lucky Packets (dips) met 'n verskil!

Lucky Packets met 'n verskil!

Dink aan Lucky packets (dips) as 3-dimensioneel.  Gebruik ou karton, papier, plastiek ens., en maak  ook papiermache balle wat verander kan word in lucky dips.  Onder sal ek drie patrone aanheg, maar die idee is om iets te ontwerp met wat ookal beskikbaar is.  

Om die hele reeks te sien, gaan na: 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(handsakkie gemaak van karton of papier, met 'n gevoude papiersakkie binne om lekkers en goedjies in te sit - rol af vir patroon)

(goedkoop poppie met 'n karton rokkie wat versier is met servet - kan lap gebruik, of papier ens. - rol af vir patroon)

(skatkis gemaak van karton - rol af vir patroon)

(spinnekop gemaak van papier mache bal wat middeldeur gesny is)

(diere gemaak van papier mache bal - elke diertjie het sy eie naam (kaartjie))

(karton handsak, oorgetrek met geskenkpapier of plakpapier)
(beer gemaak van 2 papier mache balle, lapstripkkie en knope vir oe)

========================================================================

POP ROKKIE PATROON

Dieselfde idee kan ook gebruik word vir 'n onderkant van die spinnekop, maar maak die sirkel so groot soos die spinnekop (halwe papier mache bal).

========================================================================
SKATKIS PATROON

========================================================================
HANDSAKKIE PATROON