Klik hier!

Klik hier om na die "Sondagskooltuis" blog te gaan (Sondagskool lesse en apparaat):http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/
Klik hier om na die "Sondagskoolmobile" blog te gaan (Sondagskool onderwerpe - bedoel vir "mobile"):http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/

Friday, March 14, 2014

Basiese Stensils en Inligting vir die Sondagskool

IN HIERDIE POST IS AFSKRIFTE VAN BASIESE VORMS (en inligting) VIR GEBRUIK IN SONDAGSKOOL.  (Die "inligting"-gedeeltes is bedoel vir waar 'n Sondagskool opgerig word, maar let wel dat dit van kerk tot kerk kan verskil - hierdie is slegs 'n vb.).  

Die stensils werk baie maklik, en is gou om afdrukke te maak - basiese stensils vir gebruik in vergaderings en die Sondagskoolklas:  "Agenda", "Inkomste-en-Uitgawestaat", "Notule", "Bywoningsregister" en "Korrespondensie".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OP ELKE VERGADERING (waarop Sondagskool onderwysers en ampsdraers teenwoordig moet wees) MOET ELKE SONDAGSKOOLONDERWYSER/AMPSDRAER 'N "Agende" KRY. (Die agenda is ook 'n basis vir hoe die vergadering gaan verloop (wat gewoonlik deur die Superintendent gelei word), bv. eers die verwelkoming en laat iemand met gebed open;  dan die presensielys en verskonings - wie is teenwoordig, en wie nie (kry gerus 'n aparte boekie hiervoor sodat elkeen teenwoordig daarin kan teken);  dan word die notule van die vorige vergadering voorgelees - gewoonlik deur die Sekretaresse; dan die goedkeuring van vorige notule en sakelys.....ens.  

Voor die verg.:  DIE BESONDERHEDE VAN DIE AGENDA MOET DEUR DIE SUPERINTENDENT OF DIE SEKRETARESSE VOOR DIE VERG. INGEVUL WORD, bv. watter korrespondensie bespreek gaan word (bv. korrespondensie wat deur die pos gekom het vir die Sondagskool), of sake voortspruitend uit die vorige notule, bv. iets wat nog nie deurgevoer is nie, of nog bespreking nodig het.  SORG DAT DAAR OOK PENNE OF POTLODE VIR ELKEEN BESKIKBAAR IS.  KRY OOK 'N BOEKIE WAARIN AL DIE ONDERWYSERS MET ELKE VERGADERING IN KAN TEKEN DAT HULLE TEENWOORDIG IS.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

AAN DIE BEGIN VAN ELKE SONDAGSKOOLKLAS, MOET DIE BYWONINGSREGISTER INGEVUL WROD, SODAT AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR, DIE NODIGE SERTIFIKATE UITGEDEEL KAN WORD EN KINDERS BELONINGS KAN ONTVANG.  AS KOLLEKTE NIE GESAMENTLIK OPGENEEM WORD BY DIE OPENING NIE, MOET DIT IN DIE KLAS OPGENEEM WORD, EN KAN HIEROP INGEVUL WORD VIR REKORD - DIT MOET DAN OORBETAAL WORD AAN DIE TESOURIER (wat dit in die Sondagskool rekening inbetaal, of aan die Kerkraad rek. as die Sondagskool nie hulle eie rekening het nie).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE INKOMSTE- EN UITGAWESTAAT MOET REGDEUR DIE JAAR OP DATUM GEHOU WORD DEUR DIE TESOURIER, EN 'N FINANSIELE VERSLAG MOET NA ELKE VERGADERING GENEEM WORD EN BY ELKE VERG. VOORGELE WORD.  L.W. DAT ALLE GELDE IN 'N BANKREK. VAN DIE SONDAGSKOOL INBETAAL WORD, OF IN DIE KERKRAAD SE REKENING, WAARVANDAAN DIT WEER ONTTREK WORD VIR WATTER DOEL OOKAL (gewoonlik moet twee persone tekenreg he op die sondagskool bankrek. - gewoonlik die Superintendent en die Tesourier).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

KORRESPONDENSIE IS BELANGRIK IN DIE SONDAGSKOOL.



------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BY ELKE VERGADERING (wat ten minste 4 keer 'n jaar moet geskied), MOET DIE SEKRETARESSE NOTULE HOU, EN DAN BY DIE VOLGENDE VERGADERING MOET DIT VOORGELEES WORD - dit moet dan ook goedgekeur word.  (Enige sake wat voortspruit uit hierdie notule, moet op die agenda geplaas word vir die volgende verg. - dit word gewoonlik deur die Superintendent of die Sekretaresse besluit, maar alle onderwysers en ampsdraers moet sake na vore bring). "Nuwe Besigheid" behels "nuwe sake", bv. die Sondagskool piekniek aan die einde van die jaar ens.  



------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 ALLE SONDAGSKOOL PERSONEEL / AMPSDRAERS, MOET WEET WAT HULLE PLIGTE IS, EN WAT DIE VERSKILLENDE AMPSDRAERS SE PLIGTE IS.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

HOE OM 'N SONDAGSKOOL OP TE RIG, EN WATTER INLIGTING OM IN GEDAGTE TE HOU MET DIE INDEEL VAN KLASSE:






No comments: